Kwaliteit
Verpleegsorg vir bejaardes

Wat ons doen

Ons missie is om kwaliteit verpleegsorg aan bejaardes te gee en daarom sal die Versorgingseenheid nooit meer as 21 bejaardes huisves nie.

Dit is belangrik dat ons inwoners 'n huislike ervaring beleef. Daarom word moeite gedoen om bejaardes te stimuleer en besig te hou eerder as dat hulle net sit en uitsigloos hulle dae omwens. Daar word onder toesig van verpleegsters met die bejaardes gestap of in die tuine van die Oord met 'n rolstoel gestoot sodat hulle die buitelug kan ervaar en geniet.

Bejaardes ontvang drie gebalanseerde etes per dag soos deur 'n dieetkundige voorgeskryf. Die Versorgingseenheid beskik oor 'n wassery waar inwoners se wasgoed gewas en gestryk word.

Baie aandag word aan die bejaardes se geestelike behoeftes gegee. Die plaaslike leraar besoek die bejaardes op 'n weeklikse basis waartydens die Woord aan hulle bedien word. Suster Barnardo se eggenote is 'n predikant en is verantwoordelik vir die pastorale versorging van die inwoners van die Versorgingseenheid.

Wie ons is

Versorgingseenheid is in Paradyspark - Aftreeoord vir bejaardes.

Die Versorgingseenheid is in Paradyspark - Aftreeoord te Brackenfell geleë. Suster Carina Barnardo is die suster in bevel van die Versorgingseenheid waar sy en haar personeel spesialiseer in die versorging van geriatriese pasiënte wat met die volgende siektes gediagnoseer is:


Koste

Verpleegsorg en Huisvesting.

Permanente Opname

R 14 000 / maand

* Eenmalige toelatingsfooi: R 3500
(nie terugbetaalbaar)

Tydelike Opname

R 600 / dag

 
 

Kontak

Voel vry om ons 'n boodskap te stuur en ons sal so gou as moontlik terugkom na u.



Bel

Tel: 021 981 4511

Fax: 021 981 4511

E-pos

carina@barina.co.za

Besoek

Paradyspark-Aftreeoord, Brackenfell,
Kaapstad, 7560